
=====================================================================
Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek

  Die waarde van 'n seminaar oor 'n bre spektrum van onderwerpe rakende die Afrikaanse taal in Belgi vir buitelandse kundiges en 
belangstellendes word bepaal deur Jerzy Koch.     EK het die geleentheid gehad om aan die Seminarie Afrikaanse Taalkunde deel te neem wat 
deur die Limburgs Universitair Centrum in Hasselt-Diepenbeek (Belgi) georganiseer is. Die organiseerder was prof. Luc Renders, 'n ou 
bekende in akademiese kringe in Suid-Afrika omdat hy een van die Neerlandici in die Lae Lande is wat hom ernstig en entoesiasties met die 
Afrikaanse taal en letterkunde besig hou.

Daar was agtien deelnemers uit diverse lande: Duitsers en Pole, Vlaminge en Nederlanders. Ook Itali, Rusland en Amerika was 
verteenwoordig, kortom 'n veeltalige en multikulturele groep, soos dit trouens by Afrikaans hoort.

Die spreker van die eerste aand, 'n Sondagaand, was Herman Wasserman en sy onderwerp: die Afrikaanse rock. Daarna het ons gesels oor hoe 'n 
mens Afrikaanse musiek in Europa en veral in Nederland en Vlaandere kan bemark. Daar is, dink ek, talle moontlikhede wat heeltemal onbenut 
is.

Die daaropvolgende Maandag tot Vrydag het ons in een van die moderne sale van die universitre kampus na die lesings van prof. Rufus Gouws 
en prof. Fritz Ponelis uit Stellenbosch geluister. Die program was vol: elke dag het uit twee oggendsessies bestaan en n die middagete was 
daar nog twee lesings, elk van anderhalf uur. In die aand het nog gassprekers opgetree, almal vakkundiges op hul gebied wat met geesdrif 
oor verskeie onderwerpe gepraat het.

Om 'n idee te gee van die entoesiasme van die redenaars en die gehoor, haal ek een van die professore aan wat gesien het die tyd is kort en 
daar is nog baie om te s: "Laat ek nog dit s -- voor ons ongelukkig moet gaan eet ..."

Die onderwerpe was onder meer die Afrikaanse semantiek en leksikografiese ontwikkelinge, die sewentiende-eeuse agtergrond van Afrikaans en 
sy nuutste geskiedenis, taalsosiologie en die Engelse invloede, variteite van Afrikaans en sy normering. Ook die posisie van Afrikaans in 
die media en die uitwerking van "valse vriende" (net in die taal!) is bespreek. Die sisteem van die Afrikaanse taal in vergelyking met die 
Nederlandse grammatika is uiteengesit. Die deelnemers het ook voorbeelde uit hul eie tale gegee en vergelyk.

Die meeste mense wat na Diepenbeek gekom het, was studente en dosente in Nederlands, maar daar was ook ander mense wat die studie van 
Afrikaans die moeite werd vind. Die vier groot borde in die saal was deurgaans volgeskryf met voorbeelde, wat gretig oorgeskryf is. Ons het 
geleer wat die Afrikaanse jeug "kief" ("cool") vind, of die Afrikaners graag "gemorskos" ("junk food") eet, en hoe 'n mens jou deesdae in 
Afrikaans kan "bekommer" ("worry"). Daar is aantekeninge gemaak oor die inperking van polisemiese waarde en die interlektiese aanpassing, 
oor "Namlish" in Namibi en die flaaitaal in die RSA, oor die Neerlandismes en sensitiewe woorde in Afrikaanse woordeboeke.

Mevrou Sief Veltkamp-Visser het die Suid-Afrikaanse Instituut in Amsterdam voorgestel en mense uitgenooi om gebruik te maak van die 
grootste Africana-boekversameling op die vasteland van Europa.

Minnie Lewis van die Universiteit van Kaapstad het openhartig die probleme uiteengesit waarmee sy te kampe het in haar navorsing oor die 
marginalisering in die Afrikaanse literatuur, 'n projek wat sy op die oomblik in Leiden navors.

Lut Baten uit Leuven het die kursus "Instap Afrikaans" aangebied, wat deur samewerking tussen die Vista Universiteit, die Potchefstroomse 
Universiteit vir CHO en die Katholieke Universiteit Leuven plaasgevind het. Die kursus het die deelnemers geboei. Daar was egter kritiek 
dat die studieboeke en kursusse net vir tweede- en derdetaal-onderrig van Afrikaans bedoel is. Aan die studente buite Suid-Afrika moet 
Afrikaans as vreemde taal aangebied word, en dit vereis 'n ander aanslag.

'n Besondere gas was die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Brussel, mnr. Elias Links. In sy lesing "Het Afrikaans vanuit een veelkleurig 
perspectief" het hy 'n warm pleidooi vir Afrikaans gelewer. Die ambassadeur het uit offisile dokumente aangehaal, onder andere van pres. 
Thabo Mbeki, om aan die gehoor duidelik te maak dat daar nou en in die toekoms 'n belangrike posisie aan Afrikaans toegeken word.

Lede van die gehoor het nie geskroom om te vra hoekom die ambassade in Brussel geen materiaal in Afrikaans het nie, 'n taal waardeur Suid-
Afrika doeltreffender en vinniger onder die Vlaminge bemark sou kon word. Daar was selfs vrae oor die uitspraak van die ambassadeur! Dit 
toon hoe aandagtig die deelnemers geluister het.

Die borge van die seminaar was die Van den Berch van Heemstede Stichting, die Stigting Neerlandia, die Suid-Afrikaanse ambassade in Brussel 
en ZASM in Amsterdam.

Soos die Nederlandse Taalunie 'n reeks reisende "werkswinkels" organiseer en verskillende Neerlandici na Suid-Afrika laat kom om die studie 
van die Nederlandse taal en literatuur te bevorder, kan ook in Europa iets vir Afrikaans gedoen word. Suid-Afrikaanse organisasies en selfs 
owerheidsliggame kan vir hierdie inisiatiewe gewerf word. Soos ek die steun van die Suid-Afrikaanse ambassade in Brussel aan die Seminarie 
Afrikaanse Taalkunde verstaan het, het ambassadeur Links goed begryp dat selfs waar net op een van die tale in Suid-Afrika gefokus word, 
geleenthede bestaan om die nuwe beeld van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse samelewing duideliker te skets en die stereotiepe beeld reg te 
stel. Dit loon altyd die moeite.

Afrika praat in Olomouc

In Olomouc in Tsjeggi het die kastaiings reeds verwelk toe ek daar aankom. Die rhododendrons in die groot park agter die Palacky 
Universiteit was darem nog in volle bloei. Ek het uit Pole gekom om vir die Neerlandistiek studente van hierdie Tsjeggiese Univerzita 
Palackeho klasse te gee oor die Vlaamse Kongo-literatuur.

Wilken Engelbrecht, hoof van die afdeling Nederlands, het vir my vertel van 'n kongres wat in dieselfde week aan die universiteit gehou 
word. Lianne Barnard, wat vir die studente in Neerlandistiek Afrikaans doseer, het baie opgewonde vertel die titel is Africa speaks to 
Europe. Die organiseerders van die kongres was die plaaslike sentrum vir vergelykende kulturele studie (Centre for Comparative Cultural 
Studies), die Universiteit van Zoeloeland en die Suid-Afrikaanse ambassade in Praag.

Ek, wat 'n toevallige besoeker was, het die konferensie baie geniet, want Afrika het werklik gepraat -- in die referate, die literre 
tekste en ander voorbeelde wat aangehaal is. Veral besonders was die ko-produksie van die Tsjeggiese Archa Teater en Suid-Afrikaanse 
kunstenaars.

Hoewel die voertaal van die kongres Engels was, kon baie Engelssprekende Suid-Afrikaners ook Afrikaans praat en het dit gepraat. Ek het 
byvoorbeeld 'n baie interessante gesprek in Afrikaans gevoer met 'n medewerker van die Suid-Afrikaanse ambassade in Praag wat van Zoeloe-
afkoms is. Wit en swart het ons in ons vrye tyd gesit en Engels, Afrikaans, partykeer ook Nederlands praat.

Hopelik sal verdere inisiatiewe van di aard 'n nog groter gehoor kan lok. Dr. Jerzy Koch, Poolse akademikus en vertaler, doseer Afrikaanse 
en Nederlandse taal en literatuur aan twee Poolse universiteite: in Wroclaw en in Poznan.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6427.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

